Windhoekers moet nóú voorberei vir swaar reën

Loading player...
Die Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om nou voor te berei om 'n herhaling van die skade wat deur kitsvloede aan die begin van hierdie jaar veroorsaak is, te vermy. Munisipale woordvoerder Lydia Amutenya het gesê, ten spyte van enkele buie tot dusver, moet die hoofstad voorberei vir die moontlikheid van historiese oorstromings vroeg volgende jaar. Dit is te midde van berigte van 'n seisoen met 'n hoë risiko van swaar, wydverspreide reën landwyd en selfs die Australiese Buro vir Meteorologie sê 'n sterk negatiewe Indiese Oseaan-dipool kan reënval oor Suider-Afrika versterk. Amutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
4 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min