SA-onderwys plaas druk op Afrikaanse skole

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê Afrikaanse skole moet artikel 235 van die Grondwet aktief toepas om hul kulturele en taalkundige onderwysregte te beskerm. Die party waarsku die Departement van Basiese Onderwys, met steun deur minister Siviwe Gwarube, teiken Afrikaansmediumskole ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette om veeltalige beleide af te dwing. Wynand Boshoff van die VF Plus sê daar is slegs 639 Afrikaanse skole oor, met baie wat onder druk is om Engels as onderrigtaal in te stel:
5 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min