
Sekuriteitebewaarplek kritieke mylpaal vir kapitaalmarkte
Loading player...
Die Sentrale Sekuriteitebewaarplek Beperk het amptelik in Namibië in werking getree, wat 'n belangrike mylpaal in die modernisering van die land se kapitaalmarkte aandui. Die inisiatief, wat in samewerking met die Namibiese Sekuriteitebeurs en die Bank van Namibië gedoen word, maak die oorgang van papiergebaseerde sekuriteitsregistrasie en -vereffening na 'n volledig elektroniese, geïntegreerde stelsel moontlik. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Sekuriteitsbeurs se uitvoerende hoof, Tiaan Bazuin, gepraat:

