RCC-raadslid se kontrakwerk vir RCC is absurd - Mudge

Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte dat een van die direkteure van die Roads Contractor Company, Rhys Mbala, se privaat maatskappy, Trinitas Consulting Engineers 'n projek hanteer wat toesig hou en nakoming verseker van ‘n projek wat aan die RCC toegeken is. The Namibian rapporteer dat Mbala wel sy belange bevestig maar het ook onderneem om nie in te meng nie. Hy voer verder aan dat hy nie kan onttrek van die projek omdat dit sy besigheid sal benadeel. Die minister van vervoer, Veikko Nekundi moet nog ondersoek instel. Kosmos 94.1 Nuus het met Henk Mudge, president van die Republikeinse-party gepraat.
5 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min