
Kokaïen van R3,6 miljoen in George gekonfiskeer
Loading player...
Die Wes-Kaapse Eenheid vir Georganiseerde Misdaadondersoeke het 'n dwelmvonds ter waarde van 3,6-miljoen Suid-Afrikaanse rand op die N12 in George gemaak. 'n Polisiewoordvoerder, Wesley Twigg, sê 'n vragmotor wat van Johannesburg na George onderweg was, is voorgekeer en deursoek. Hy sê lede van die eenheid het afgekom op 'n houer kokaïen met 'n gewig van ses kilogram. Twigg sê 'n 46-jarige man is in hegtenis geneem vir handel in kokaïen en sal Maandag in die plaaslike Landdroshof verskyn:

