
Napha reageer skerp op 'oningeligte' beriggewing
Loading player...
Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het skerp gereageer op mediaberigte wat hy as misleidend beskryf na Namibië se voorstelle aan die COP20-beraad in Oesbekistan. Napha sê die konferensie het ongekende verwerping van wetenskapsgebaseerde, staatsgeleide volhoubare gebruiksvoorstelle ten gunste van die politieke pers gesien. Die president van Napha Hannes du Plessis, het nie doekies omgedraai nie.

