Die Artikel 22 ad hoc-komitee sê hy ondervind weerstand van sekere kerkleiers te midde van sy ondersoek na misbruik, skadelike praktyke en swak regulering in die godsdienssektor. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het die komitee gestig met die doel om…
Die DA sê die Wes-Kaap het 'n tekort van meer as 2 000 polisiebeamptes, wat beteken gemeenskappe word nie beskerm nie en is in gevaar. Volgens die party is slegs 12 908 uit 'n totaal 15 000 goedgekeurde beamptes aktief, en 471 polisievoertuie is buite werking. Benedicta van Minnen van…
Omkopery om leerling- en bestuurderslisensies te kry, blyk aan die afneem te wees, sê die Paaie-owerheid. Volgens RA-woordvoerder Hileni Fillemon was vervalste lisensies in die verlede ‘n groot probleem met sindikate wat dokumente vervals het. Bykomende veiligheidskenmerke op nuwe lisensies vergemaklik die uitken van vervalste dokumente, sê sy. Fillemon het…
Donovan Moodley, wat 'n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op die Bond Universiteit-student, Leigh Matthews in 2004, is parool geweier. Matthews is buite die universiteit in Morningside, Sandton, ontvoer en vermoor, ten spyte van losprys van 50 000 rand wat deur haar familie betaal is. Moodley sal oor die…
Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.