ANC op ʼn afdraand, Mashazi op ʼn catwalk en SA op ʼn misdaadlys

Loading player...
In hierdie week se KLETS "beklets" ons politiek, mode-skandes en ’n paar statistieke wat jou na jou paspport sal gryp.

Die ANC verloor blanke stemme vinniger as wat kan "Afriforum" sẽ, en daar is glo drie name in die hoed vir die volgende ANC-president. Die vraag is eenvoudig: Gaan ’n tannie die wa deur die drif kan trek, of gaan hierdie hoed nog ’n konyn uitspoeg wat niemand voor gevra het nie?

Dan kyk ons na Dr Imogen Mashazi se wardrobe. Wat presies kos een uitrusting, juwele en ’n handsak in haar wêreld terwyl die ANC nie eens salarisse kan betaal nie. Dis 'n fashion show, ’n forensic audit, en heeltemal Suid-Afrika.

Woolworths is ook terug in die kollig en nie vanweë die specials nie. Iets kook daar agter die skerms en dis nie die rotisserie hoender nie. Ons probeer ontrafel wat aangaan, maar soos gewoonlik kry ons net genoeg inligting om meer vrae te vra.

En dan, die skokkende maar nie-so-skokkende statistiek: Suid-Afrika het dit reggekry om weer onder die wêreld se top tien gevaarlikste stede te wees, en presteer beter as meeste matrieks in hul matriekeindeksamen.

Dis politiek, glam, chaos en die realiteite van lewe in die Suide van Afrika.
Hou vas aan jou panic button. Dis KLETS.
10 Dec 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min

Die jaar is klaar, die kos is afgelewer

Dis die laaste KLETS van 2025. Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar. Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te…
17 Dec 2025 1 hour

Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings. Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons…
3 Dec 2025 59 min

Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!" Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste…
26 Nov 2025 53 min

Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid

In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap…
18 Nov 2025 57 min