Machado het vir 16 maande voor Oslo-besoek weggekruip

Loading player...
Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, wat maande lank weggekruip het, sê dat sy presies weet watter risiko's sy loop deur na Noorweë te reis om haar Nobelprys vir vrede af te haal. Machado het in die middel van die nag in Oslo verskyn en van 'n hotelbalkon vir ondersteuners gewaai en saam met hulle gesing. Dit was die eerste keer sedert Januarie dat sy in die openbaar gesien is. Sy het die geheime reis onderneem ondanks 'n reisverbod en 'n dreigement van die Venezolaanse regering dat sy as 'n voortvlugtige bestempel sou word. Haar dogter, Ana Corina Sosa Machado, het Woensdag die prys namens haar ontvang. Die BBC het Machado gevra hoe dit voel om weer saam met haar familie te wees.
11 Dec 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Creecy begin raadpleging oor spoorinfrastruktuur

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het openbare raadpleging bekendgestel oor die konsep-nasionale spoorweg-meesterplan om spoorvervoer as die ruggraat van die vervoer- en logistieke stelsel te posisioneer. Dit beoog om meer vrag- en passasiersvervoer na treine te verskuif, verkeersopeenhopings en vervoerkoste te verminder en ekonomiese groei te bevorder. Creecy het…
23 Apr 11PM 1 min

Israel beskuldig van beleid om mediawerkers te dood

Israel se moord op 'n vooraanstaande Libanese joernalis in 'n sogenaamde “double tap” aanval is met internasionale verontwaardiging begroet, terwyl Libanon se premier die aanval as 'n oorlogsmisdaad beskryf. Die 43-jarige Amal Khalil, wat vir die koerant al-Akhbar gewerk het, is Donderdag begrawe. Sy is dood in wat kollegas sê…
23 Apr 11PM 1 min

Afgradeer sukkelende dorpies terug na nedersettings: RP

Die Republikeinse Party doen 'n beroep op stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa om sukkelende klein dorpies terug na nedersetting-status af te gradeer. RP-parlementslid Mathias Mbundu sê sodra gebiede tot dorpe verklaar word, verloor hulle die sentrale regering se steun en moet hulle finansieel op hul eie voete staan, wat…
23 Apr 11AM 1 min

Cyril sit Masemola op voorsorgskorsing

President Cyril Ramaphosa het die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op voorsorgskorsing geplaas na aanklagte wat verband hou met beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die polisie se hoof-finansiële beampte, Puleng Dimpane, is as waarnemende nasionale kommissaris aangestel. Ramaphosa sê die regering bly gefokus op die versterking van…
23 Apr 11AM 1 min