
Batohi ontken dat sy gelieg het in die Cato Manor-saak
Loading player...
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, ontken dat sy gelieg het oor die rol van die raadgewer, David Broughton, in die Cato Manor-afpersingsaak, en aanklagte rakende die voormalige Misdaadintelligensie-hoof, Richard Mdluli. Sy is kruisondervra voor die Nkabinde-ondersoek na die hoof van die Gautengse Nasionale Vervolgingsgesag, Andrew Chauke, se geskiktheid vir die posisie. Batohi ontken advokaat Tembeka Ngcukaitobi se bewering dat sy Broughton se insette verkeerd oorgedra het:

