
Windhoek, Walvis-lughawens voldoen aan internasionale vereistes
Loading player...
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid het onlangs 'n sertifikaat aan die Namibiese Lughawensmaatskappy oorhandig om te bevestig dat die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Walvisbaai Internasionale Lughawe steeds voldoen aan internasionale vereistes veiligheids- en sekuriteitsvereistes. Hersertifisering van vliegvelde is 'n streng en omvattende proses wat aansienlike belegging in infrastruktuur noodsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati , die woordvoerder van die Lughawensmaatskappy, gepraat.

