
Gwarube se ondersoek na uitgelekte vraestelle verwelkom
Loading player...
AfriForum verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se vinnige ondersoek nadat sewe matriekeksamen-vraestelle by sewe skole in Pretoria uitgelek het. Die organisasie doen 'n beroep vir die strengste moontlike strawwe teen diegene wat verantwoordelik is. Twee amptenare van die departement is sedertdien geskors. Alana Bailey van AfriForum sê sulke bedrog is onaanvaarbaar en vra ernstige gevolge vir diegene wat hul vertrouensposisies misbruik:

