
NSX beleef goeie jaar, vertoon veerkragtig
Loading player...
Die jaar 2025 was positief vir Namibië se aandelemark. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die Namibiese Sekuriteitebeurs, Tiaan Bazuin, gesê die Namibiese mark bly positief, met die sekuriteitebeurs wat agtste in die top 10 Afrikalande met die grootste aandelemark-handelsvolumes in 2025 is. Die beurs spog met 'n markkapitalisasie van ongeveer 2 triljoen Namibiese dollar, wat dit 'n beduidende finansiële instelling in Suider-Afrika maak.

