SA media mag eksamenuitslae publiseer, sê hof

Loading player...
Die departement van basiese onderwys het die uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom wat sy wetlike gesag bevestig om die uitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat in koerante en geakkrediteerde mediaplatforms te publiseer. Die uitspraak stel dit duidelik dat hierdie gevestigde praktyk nie die verwerking van persoonlike inligting onder die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting verteenwoordig nie. Terence Khala van die departement sê die uitspraak herstel sekerheid vir leerders en gesinne:
13 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA minister maan teen G20-boikot in Amerika

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê 'n boikot van die G20 in Amerika sal eensydige besluitneming net aanmoedig. Lamola het aan SABC News gesê Washington het vanjaar reeds verskeie eensydige handelsbesluite geneem en uit mulitlaterale platforms onttrek. Hy sê Suid-Afrika en die meeste G20-lede ondersteun betrokkenheid,…
14 Dec 3AM 1 min

'RNE-elemente' probeer SA se hervorming ondermyn

President Cyril Ramaphosa het gewaarsku elemente in die regering van nasionale eenheid probeer om Suid-Afrika se hervormingsagenda te verswak. Dit volg op die DA wat 'n punt daarvan maak om hof toe te gaan met beleidsrigtings waarmee hulle nie saamstem nie, insluitend die Nasionale Gesondheidsversekering-finansieringsplan en swart bemagtiging. Ramaphosa sê…
14 Dec 2AM 1 min

Reddingspogings by Verulam-tempel duur voort

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, het sy ondersteuning vir reddingswerkers uitgespreek nadat 'n tempel in Redcliffe, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Vier liggame is reeds herwin. Reddingsoperasies duur voort te midde van uitdagende weer en onbestendige strukture, met die primêre fokus nou om moontlike oorlewendes wat nog vasgekeer…
14 Dec 1AM 1 min

Twee dood, nege beseer in kampusskietery in VSA

Polisie in Rhode Island in Amerika soek na 'n verdagte in 'n skietery by Brown Universiteit in Providence Saterdag waarin twee mense dood en nege kritiek gewond is by dié Ivy League-skool. Talle studente was ten tye van die voorval op die kampus om eksamen te skryf. Die verdagte, ‘n…
14 Dec 12AM 1 min

Hokkie: Namibië se vroue wys staal in Nkosi-beker

Namibië se vrouehokkiespan bly onoorwonne by die Nkosi-binneshuise toernooi in Kaapstad ná hulle Nieu-Seeland Saterdagoggend met 7-3 geklop het. In hul eerste wedstryd Vrydag, het die span Zimbabwe ook met 7-3 verslaan. Die vroue durf Australië vanmiddag om drie-uur aan. Afrigter Shayne Cormack het Saterdag se kragmeting só opgesom:
13 Dec 11PM 1 min