
BEE-beleidsvoorstelle moet teruggetrek word, vra parlementêre komitee
Loading player...
Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie en digitale tegnologie, Khusela Sangoni Diko, het gevra vir die onmiddellike onttrekking van beleidsvoorstelle deur die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, aan OKOSA oor breedgebaseerde swart- ekonomiese bemagtiging. Diko het aan SABC News gesê die voorstelle is onwelkom, onwettig en 'n poging om die wettige 30 persent eienaarskap van histories benadeelde groepe te omseil. Sy hou vol transformasie is ononderhandelbaar en die parlement moet in 2026 nakoming toepas:

