Australië steier na massaskietvoorval op Joodse heilige dag

Loading player...
Australië se eerste minister Anthony Albanese sê terrorisme en antisemitisme sal nie in die land geduld word nie ná minstens 15 mense in ‘n skietaanval op Bondi-strand in Sydney dood is. Nóg 40 mense is beseer toe twee mans op feesgangers tydens die eerste dag van Hanukkah losgebrand het. Die polisie het beide verdagtes geskiet – een is dood en die ander in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Albanese het ná ‘n noodvergadering van Australië se nasionale veiligheidsraad die volgende gesê:
14 Dec 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Benoemings vir komitee wat nasionale dialoog reël bekend

President Cyril Ramaphosa het die benoemings vir die reëlingskomitee van die nasionale dialoog bevestig. Die komitee, wat bestaan uit verteenwoordigers van 33 maatskaplike sektore, ses subsektore en bykomende gekoöpteerde lede, sal prioriteite bepaal en die inklusiewe, burgerlike gedrewe proses koördineer. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die komitee…
19 Dec 3AM 1 min

Aussie-regering sal wapens terugkoop

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het ʼn nuwe nasionale terugkoopskema aangekondig om oortollige, pas verbode en onwettige vuurwapens terug te koop. Dit volg na Sondag se slagting op Bondi-strand waarin 15 mense doodgeskiet is. Dis die grootste skema sedert die Port Arthur-massaslagting in 1996 waarin 35 mense dood is…
19 Dec 3AM 1 min

Sweisopleidingsentrum open op Swakopmund

Die GSI SLV-sweisopleidingsentrum is amptelik in Swakopmund se industriële gebied geopen. Die sentrum is 'n belangrike stap in die versterking van Namibië se tegniese en industriële vaardigheidsbasis. Dit sal na verwagting 'n sleutelrol speel in die opleiding en sertifisering van sweisers volgens internasionaal erkende standaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met…
19 Dec 2AM 1 min

Geen drank op Kaapse strande toegelaat nie

Die Stad Kaapstad doen 'n beroep op inwoners en besoekers om strande en openbare ruimtes alkoholvry te hou teneinde openbare veiligheid te verseker. Byna 3 000 liter alkohol is onlangs by die Ndabeni-skut vernietig nadat dit gekonfiskeer is by mense wat in die openbaar drink. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en…
19 Dec 2AM 1 min

Vragmotorbestuurders se welstand die feestyd versorg

Vragmotorbestuurders langs Namibië se belangrikste vervoerkorridors sal gratis gesondheidskontroles ontvang voor Kersfees. Die Walvisbaai-korridorgroep, in vennootskap met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en die gesondheidministerie, sal die Truckers Wellness Day-veldtog op 18 en 19 Desember by die Swakopmund-padblokkade loods. Op 23 en 24 Desember sal die diens by die Okapuka-padblokkade aangebied word…
19 Dec 1AM 1 min