Die hoof van die Namibiese Weermag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het die Zambiese Nasionale Diens geprys vir hul volgehoue ondersteuning in die opleiding van Namibiese jeug en kadette. Hy sê die opleiding speel 'n kritieke rol in die bou van 'n bekwame en gedissiplineerde weermag. Pinehas het tydens die gradeplegtigheid van…
Die Wes-Kaapse kommissaris van polisie, Thembisile Patekile, sê hulle is uiters bekommerd oor die skerp styging in misdaad in die provinsie. Misdaadstatistiek vir die tweede kwartaal van Julie 2025 tot September 2025 wys 1 160 mense is in die provinsie vermoor. In dieselfde tydperk is 114 bendeleiers en 116 bendelede…
Die Kaapse Onafhanklikheidsparty eis dringende oplossings van die regering om toenemende misdaad en kaping van geboue deur die hele land aan te spreek. Dit volg na die moord op Warrick “DJ Warras” Stock Dinsdag in die middestad van Johannesburg. Nicci van Zyl van CapeXIT sê die omgewing spesifiek in Johannesburg…
Rolling Stones se biograaf Philip Norman sê hy vertrou dat die Rolling Stones weer sal toer. Dit kom te midde van onlangse berigte die groep planne vir 'n 2026-stadiontoer van die Verenigde Koninkryk en Europa geskrap het. Die primêre rede wat deur verskeie media gerapporteer is, is dat kitaarspeler Keith…
Meeste Namibiërs is al met vakansie en almal maak gereed vir die feesseisoen, met besoekers wat na die kus stroom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol se Erongo-streekbevelvoerder, Nikolaus Kupembona, wat verduidelik watter maatreëls oor die seisoen in plek sal wees.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.