Duitsland se Robert Koch-instituut werk saam met die gesondheidsministerie om die gereedheid en kliniese reaksie op M-pokke en Kongokoors te verbeter. 'n Span kundiges van Duitsland en Namibië het gespesialiseerde opleiding ontwikkel oor die kliniese bestuur van beide siektes, insluitend infeksievoorkoming en -beheer. Die Duitse ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter,…
Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het kommer uitgespreek oor haar veiligheid nadat sy haar oorlede lewensmaat, Richard Foxton se boedel betwis het. In 'n onderhoud voor die Meester van die Hooggeregshof in Johannesburg sê Madonsela daar was 'n meedoënlose mediaveldtog teen haar en beweer daar is onreëlmatighede in hoe…
Namibië se eerste anti-koloniale vegter, Kaptein Hendrik Witbooi, word in Suid-Afrika vereer. Hy is onder 48 bevrydingsleiers wat in die nuwe Leiersgallery by Vryheidspark in Pretoria opgeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die Witbooi Tradisionele Gemeenskap, Kaptein Ismael Witbooi gepraat, wat sê die erkenning bekragtig die…
Meatco het sy strategiese plan vir 2026/2027 bekendgemaak. Die staatsinstelling het vanjaar verskeie kontroversiële kwessies deurstaan, veral oor sy leierskap. Voormalige uitvoerende hoof Mwilima Mushokobanji se kontrak het verstryk, en die opvolgproses het gelei tot spanning tussen Meatco se raad en die kabinet. Intussen het die maatskappy sy slagteiken van…
Namibië is deur die Afrika-Toerismeraad erken as Afrika se mees outentieke en uitdagende toerismebestemming, wat sy unieke posisie in globale reis beklemtoon. Die toekenning weerspieël toenemende internasionale belangstelling in lae-digtheid, bewaringsgerigte en kultureel outentieke ervarings. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat verbeterde…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.