
Madonsela bekommerd oor haar veiligheid
Loading player...
Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het kommer uitgespreek oor haar veiligheid nadat sy haar oorlede lewensmaat, Richard Foxton se boedel betwis het. In 'n onderhoud voor die Meester van die Hooggeregshof in Johannesburg sê Madonsela daar was 'n meedoënlose mediaveldtog teen haar en beweer daar is onreëlmatighede in hoe die boedel hanteer is. Sy beweer Foxton se kinders en die boedeleksekuteur het probeer om 'n ongeldige dokument op haar af te dwing, wat haar regstappe laat neem het:

