Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi, het kritiek gelewer teen die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, en hom en die Swapo-regering daarvan beskuldig dat hulle nie beloftes nagekom het om laekoste-behuising te bou nie. Swartbooi het vanoggend tydens 'n perskonferensie gesê ten spyte van die belofte…
Werknemers by Meatco het vandag by die hekke van Meatco vergader om 'n petisie aan die bestuur te oorhandig oor die ongefinaliseerde salarisonderhandelings vir die 2026-boekjaar. Die byeenkoms, gelei deur die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, volg op vertragings in die afhandeling van loononderhandelinge en ander eise. Die vakbond het…
Die Namibiese Statistiekagentskap het die suksesvolle afsluiting van die data-insamelingsfase van die 2025/2026 Namibiese Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname aangekondig. Die insameling is amptelik op 22 April gefinaliseer na 12 maande se bedrywighede in die veld in al 14 streke. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, gee meer inligting.
Die Baster-kaptein Jacky Britz word môre ingehuldig. Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa het hom in Februarie aangewys, wat 'n einde gebring het aan 'n uitgerekte leierskapsgeskil. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Leonard Pienaar, een van die organiseerders gesels, wat sê die gemeenskap is opgewonde.
Die Namibië Groenwaterstofprogram het landwye konsultasies van stapel gestuur om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in klimaatsbeleggings te ontsluit. Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die eerste stop is hierdie week Walvisbaai. Die regering, gemeenskapsleiers en rolspelers in die bedryf sal help om 'n plan te vorm wat…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.