Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van 2 miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof van Dollvet in Turkye. Dis die eerste besending van die bestelling van 6 miljoen wat by Dollvet geplaas is deur hul plaaslike agentskap, Dunevax. Suid-Afrika het sedert Februarie altesaam 4 miljoen dosisse entstofdosisse ontvang. Bennie van Zyl van…
Meer inligting is bekend oor die gesogte Hartebeesloop Bonsmara-veiling op Saterdag, 23 Mei. Dit vind vanaf half-twaalf die oggend by die top-Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann se Hartebeesloop-plaas in die Stampriet-distrik en aanlyn via SwiftVee plaas. Briedenhann het met Kosmos 941.1 Nuus gepraat en meer vertel oor die diere op veiling.
NamPol het 'n aanlyn-werkswinkel gehou oor toenemende kindermishandeling. Dit rus beamptes en belanghebbendes toe met die vaardighede om hierdie misdade op te spoor, te ondersoek en te voorkom. Volgens die polisie het die migrasie na aanlyn aktiwiteite, veral op sosiale media-platforms, nuwe deure oopgemaak vir misdadigers wat kwesbare kinders teiken…
Die vakbondfederasie Cosatu sê die gebrek aan 'n sterk stimuluspakket en die besnoeiing aan die presidensiële indiensnemingsprogram verswak pogings om werkloosheid te bekamp. Die federasie sê hoewel daar befondsing vir sommige openbare dienste en infrastruktuur is, is dit nie genoeg om werksgeleenthede te bevorder of herstel te ondersteun nie. Matthew…
Die ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool, Raymond Parsons, sê die volle impak van onlangse brandstofprysverhogings, hoër elektrisiteitstariewe en belasting sal eers in die komende maande gevoel word. Hy waarsku inflasie kan tydelik tot bo 4 persent styg voor dit geleidelik sal daal na die teiken van 3 persent. Hy…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.