KOPSKUIF - Die Leeskrisis in Suid-Afrika: Reinette Lombard oor Begrip Lees, die Tippie-leesreeks en Geletterdheid

Loading player...
Reinette Lombard, medeskrywer van die uiters suksesvolle Tippie-leesreeks, gesels oor die groeiende leeskrisis in Suid-Afrika waarin talle kinders sukkel om met begrip te lees. Sy deel hoe sy en haar ma, José Palmer, die reeks van stapel gestuur het nadat hulle die dringende behoefte aan beter leesvaardighede raakgesien het.

In hierdie insiggewende gesprek hoor jy meer oor die ATKV-EkKanLees-projek, die ontwikkeling van sterk geletterdheidsvaardighede, en praktiese hulpmiddels wat ouers en onderwysers kan gebruik om ’n ondersteunende, verrykende en interessante lees- en leeromgewing vir kinders te skep.
27 Dec 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels oor die ontwikkeling van leierskap en loopbaanrigting.

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels op 3 Oktober op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te…
10 Oct 31 min