Napha gesels oor impak van VSA-visumverband op bemarking

Loading player...
Die VSA het onlangs ‘n visumverband vir 37 lande, Namibië ingesluit, aangekondig. Die kostes kan tot 250 000 Namibiese dollar beloop, maar dit is net geldig vir toeriste en sakereisigers. Dit kan ‘n reuse impak hê op die plaaslike jagbedryf wat die land in die VSA by sy talle jagskoue bemark. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Hannes du Plessis gepraat.
10 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nama-owerheid berei voor vir sy volksmoord-herdenking

Die Nama Tradisionele Leiersvereniging berei voor vir die nuwe jaar. Die regering het verlede jaar aangekondig dat die Volksmoord-herinneringsdag op 28 Mei gevier sal word. Dit is nie die datum waarmee die Nama volk mee saam stem nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Maboss Ortmann gepraat van die vereniging wat…
11 Jan 2AM 1 min

DBV staan diere in Overstrand-brande by

Die Kaap die Goeie Hoop DBV moes verskeie diere red na ernstige brande in die Du Noon-informele nedersetting en groot dele van die Overstrand-streek. Woordvoerder Belinda Abraham sê gesinne moes vlug met net die klere wat hulle gedra het, en staan nou voor moeilike besluite oor hul troeteldiere. Sy sê…
11 Jan 2AM 1 min

Cyril gesels landelike, en stedelike, grondhervorming

ANC-president Cyril Ramaphosa sê grondhervorming in Suid-Afrika bly een van die dringendste take van die nasionale demokratiese rewolusie. Ramaphosa het die 8 Januarie-verklaring gelewer tydens die ANC se 114de viering in Moruleng in Noordwes. Hy sê sleuteltake sluit in sterker steun vir die begunstigdes van grondhervorming, vinniger verwerking van uitstaande…
11 Jan 2AM 1 min

Weerdiens reik vlak 6-waarskuwing uit vir noordelike en oostelike dele van Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê 'n laagdrukstelsel oor die suidelike dele van Mosambiek, sal na verwagting van vandag af weerstoestande oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika aansienlik beïnvloed. 'n Vlak 6-weerwaarskuwing is uitgereik vir Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal. Voorspeller Lehlohonolo Thobela sê die verwagte uitwerking van die stelsel sluit in oorstromings…
11 Jan 12AM 1 min

Hoop dat LP's vanjaar meer produktief is

Terwyl die parlement voorberei om op 3 Februarie te vergader, word opposisiepartye aangespoor om die goedkeuring en implementering van wetsontwerpe wat in die Nasionale Vergadering ingedien is, te versnel. Politieke ontleder dr. Ben Mulongeni het opgemerk dat verlede jaar se swak wetgewende uitset, waarin net 'n enkele begrotingsverwante wetsontwerp goedgekeur…
10 Jan 11PM 1 min