Groot kommer oor Knysna se watertekorte, twee weke oor

Loading player...
Die Departement van Water en Sanitasie is bekommerd oor die toenemende wateruitdagings in die Knysna Munisipaliteit en ander kusdorpe in die Tuinroete-distrik in die Wes-Kaap. Knysna se watervoorsieningstelsel het 'n kritieke stadium bereik. Die woordvoerder van die departement, Mandla Mathebula, sê die Akkerkloofdam, die munisipaliteit se primêre stoorfasiliteit, is tans ongeveer 19-persent vol, wat neerkom op 'n geraamde 13 dae se bruikbare water teen huidige verbruiksvlakke:
10 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lesufi se regering bou een sportfasiliteit in vyf jaar

Die DA sê die regering van premier Panyaza Lesufi het die afgelope vyf jaar slegs een nuwe sportfasiliteit in Gauteng gebou. Dit is onthul in 'n skriftelike antwoord in die provinsiale wetgewer, wat toon slegs die fasiliteit in Carletonville is voltooi. Kingsol Chabalala van die DA het die Provinsiale Departement…
22 Apr 6AM 1 min

Iran en VSA sal praat of nie, maar oplossings moet kom

Die voormalige Amerikaanse diplomaat Alan Eyre het met Sky News gepraat oor die onbepaalde skietstilstand wat deur president Donald Trump in Iran aangekondig is. Hy sê die twee partye sal of vergader of nie, maar, kwelpunte moet opgelos word.
22 Apr 6AM 1 min

Oshana DBV vra vir winterskenkings

Soos die winter nader kom en nagtemperature begin daal, is die Oshana-Dierebeskermingsvereniging bekommerd oor dringende tekorte by hul skuiling. Die organisasie doen 'n beroep op die publiek vir skenkings van ou komberse om kwesbare honde en katte warm te hou, sowel as 'n kritieke voorraad kos. Tanya Kruger, 'n verteenwoordiger…
22 Apr 6AM 1 min

Veldbrand-seisoen kom al hoe nader

Na goeie reëns gesorg het vir welige weiding en met die droë seisoen op hande, ontstaan groot kommer oor die moontlikheid van verwoestende veldbrande. Kosmos 94.1 Nuus het by die tegniese adviseur in Agribank se adviesdienste, Erastus Ngaruka, gaan aanklop oor raad vir boere om veldbrande te kontroleer. Hy sê…
22 Apr 6AM 1 min

Kry gestrande Zambezi inwoners voedselhulp?

Die vloedsituasie in die Zambezi-streek bly haglik, met die Kabbe Noord- en Suid-kiesafdelings, insluitend Kasika en gebiede rondom Kabula Bulabula, wat erg geraak word deur stygende waters van die Zambezi- en Chobe-riviere. Terwyl die Kantoor van die Eerste Minister noodhulp in die vorm van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis…
22 Apr 6AM 1 min