Onwettige houtkappery word onderrapporteer

Loading player...
Reaksie word ontvang op nuus dat 46 Zambiese en 36 Namibiese burgers in Katima Mulilo gearresteer is vir die smokkel van hout in die land in. Katima Mulilo-polisiestasiebevelvoerder, Charles Mayumbelo, het kommer uitgespreek oor hoe sommige handelaars nie die wet nakom nie. Volgens bronne raak die kwessie meer kommerwekkend en is veel erger as wat gerapporteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton, eienaar van die Shamvura-kamp in die Kavango Oos-streek gesels.
13 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dinsdag 30 Junie is 'n normale werksdag - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê maatreëls is geneem om te verseker dat 30 Junie 'n normale werksdag sal wees ondanks die beplande onwettige immigrasieproteste. In reaksie op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies het Ramaphosa gesê veiligheidsmagte is gereed om orde te handhaaf en bestendigheid landwyd te ondersteun. Hy het…
26 Jun 2AM 1 min

Dodetal styg tot 235 in Venezuela

Die dodetal nadat twee kragtige aardbewings naby Venezuela se hoofstad, Caracas, voorgekom het, het tot 235 gestyg terwyl meer as 4 300 mense beseer is. Die eerste skudding van 7,2 is sekondes later gevolg deur ʼn sterker een van 7,5 wat dit die land se ergste in meer as ʼn…
26 Jun 1AM 1 min

Likwidasies daal in Mei

Statistiek Suid-Afrika sê die aantal sake-likwidasies het in Mei met 16-persent gedaal van 268 tot 225 gevalle in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Hierdie afname is gedryf deur minder maatskappy- en beslote korporasie-likwidasies gedurende die tydperk. Onica Mushwana van Statistiek SA sê egter die data toon 'n gemengde tendens…
26 Jun 1AM 1 min

Reën in suidelike dele verwag

Reën word vandag en môre oor die suidwestelike en suidoostelike dele van die land verwag. Terwyl koue wintertoestande sal voortduur, sal dit nie so koud soos verlede week wees nie. Albertina Anderson, 'n voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê ligte reënbuie word verwag, veral langs die suidkus.
26 Jun 1AM 1 min

Amutse sal teen Julie besluit oor Nasan se appèl

Energieminister Modestus Amutse het aan die parlement gesê dat sy uitspraak oor Nasan Energies se appèl teen brandstofverkrygingsbeperkings wat deur die Namibiese Mededingingskommissie ingestel is, gelei sal word deur 'n deeglike hersieningsproses en die land se beste belange. Die appèl, wat op 8 April ingedien is na Nasan se verkryging…
26 Jun 12AM 1 min