Trump waarsku Iran oor teregstellings

Loading player...
President Donald Trump het betogers in Iran aangemoedig om aan te hou betoog en belowe dat hulp op pad is. Volgens die Amerikaans-gebaseerde Human Rights Activists News Agency is 2 403 betogers in Iran dood sedert betogings teen die regering in Desember begin het. Dit sluit 12 betogers jonger as 18 in. Trump waarsku Iran ook om nie betogers tereg te stel nie. Dit volg na berigte dat ʼn 26-jarige Iranse betoger tereggestel gaan word:
14 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Arbeid en myne: Alle sektore moet saamwerk

Soos belangstelling in Namibië se energie- en mynbou-sektore aanhou groei is daar hoop vir werkskepping. Kenners bly egter waarsku dat mynbou nie 'n langtermyn oplossing vir die land se werkloosheid-krisis is nie. Volgens Danny Meyer, SME's Compete se direkteur, moet nie net die regering werksekerheid verseker nie, maar almal wat…
21 Apr 11PM 1 min

Masemola se aanstellings, klagtes bevraagteken

Die leier van die National Coloured Congress, Faizel Adams, bevraagteken nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola se gesag in die aanstelling van die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, op 'n nasionale taakspan. Dit volg nadat Masemola in die hof verskyn het oor 'n tender van Medicare24. Adams sê Masemola het dalk die Polisiewet…
21 Apr 11PM 1 min

Afribank loods program om skuld te verlig

Agribank het 'n program vir die verligting van agterstallige skuld van stapel gestuur om kliënte te help om hul landboulenings terug te betaal. Die program is oop vir alle kliënte in die voor-regs- en regsfases, met aansoekers wat 'n gedeelte van hul uitstaande saldo moet betaal om te kwalifiseer. In…
21 Apr 11AM 1 min

Sakevertroue daal in SA weens Midde Ooste-oorlog

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid se Sakevertroue-aanwyser het in Januarie effens gedaal met 1,8- punte tot 131,4, maar in Februarie tot 134,6 verbeter. Verlede maand het die BCI 3,3-punte afgeneem tot 131,3. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, sê die daling was hoofsaaklik die gevolg van 'n…
21 Apr 11AM 1 min