Akkerbouraad se boeke is gesond

Loading player...
Die Namibiese Akkerbouraad het 'n surplus van 152,3 miljoen Namibiese dollar vir die boekjaar geëindig 31 Maart 2025 aangeteken, teenoor 107,6 miljoen dollar in die vorige boekjaar. Die raad sê die prestasie is gedryf deur hoër heffingsinkomste, sterk beleggingsopbrengste en voortgesette kostebeheer regdeur die organisasie. Totale inkomste vir die jaar het 262,9 miljoen dollar beloop, 'n toename van 45 persent teenoor 181 miljoen dollar inkomste in die vorige boekjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Liseli Mwilima, die Akkerbouraad se woordvoerder gepraat oor hoe hulle die surplus aanwend.
14 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Arbeid en myne: Alle sektore moet saamwerk

Soos belangstelling in Namibië se energie- en mynbou-sektore aanhou groei is daar hoop vir werkskepping. Kenners bly egter waarsku dat mynbou nie 'n langtermyn oplossing vir die land se werkloosheid-krisis is nie. Volgens Danny Meyer, SME's Compete se direkteur, moet nie net die regering werksekerheid verseker nie, maar almal wat…
21 Apr 11PM 1 min

Masemola se aanstellings, klagtes bevraagteken

Die leier van die National Coloured Congress, Faizel Adams, bevraagteken nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola se gesag in die aanstelling van die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, op 'n nasionale taakspan. Dit volg nadat Masemola in die hof verskyn het oor 'n tender van Medicare24. Adams sê Masemola het dalk die Polisiewet…
21 Apr 11PM 1 min

Afribank loods program om skuld te verlig

Agribank het 'n program vir die verligting van agterstallige skuld van stapel gestuur om kliënte te help om hul landboulenings terug te betaal. Die program is oop vir alle kliënte in die voor-regs- en regsfases, met aansoekers wat 'n gedeelte van hul uitstaande saldo moet betaal om te kwalifiseer. In…
21 Apr 11AM 1 min

Sakevertroue daal in SA weens Midde Ooste-oorlog

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid se Sakevertroue-aanwyser het in Januarie effens gedaal met 1,8- punte tot 131,4, maar in Februarie tot 134,6 verbeter. Verlede maand het die BCI 3,3-punte afgeneem tot 131,3. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, sê die daling was hoofsaaklik die gevolg van 'n…
21 Apr 11AM 1 min