Verlengde aansoeke vir studies by Unam nou oop

Loading player...
Verlengde aansoeke vir voorgraadse en nagraadse studies aan Unam in 2026 is oop tot 28 Januarie vir beide plaaslike en internasionale studente. Diegene wat aansoek gedoen het om aan Unam te studeer in die 2025-aansoeksiklus en nie toegelaat is nie, moet nie weer aansoek doen nie. Hulle moet hul finale eksamenuitslae indien vir herbeoordeling en moontlike toelating. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Namesho, die woordvoerder van Unam, wat meer inligting gee.
14 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Insekteplaag bedreig oeste in Zambezi

‘n Plaag Afrika-treksprinkane en herfskommandowurms teister steeds die Zambezi-streek en hou 'n beduidende bedreiging vir gewasse en voedselsekerheid in die gebied in. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van landbou, Simon Nghipandulwa, gepraat wat sê die ministerie help boere aktief om die plaag te beveg.
8 Feb 6AM 1 min

Naute-groenskema boer agteruit

Die Nautedam is tans op 79 persent van kapasiteit, maar die Naute-groenskema boer steeds agteruit. Intussen is die tender vir die konstruksie van kritieke opgradering van die waterinfrastruktuur in die Suide aan Adaptive Building Land Construction CC, 'n gesamentlike onderneming met China State Engineering Corporation toegeken. Kosmos 94.1 Nuus het…
8 Feb 5AM 1 min

Renosters ál groter teiken in Krugerwildtuin

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke is bekommerd oor toenemende renosterstropery in die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Woordvoerder Rey Thakhuli sê veldwagters het verlede Donderdag op vermeende stropers in die Malelane-deel van die park afgekom. Geen arrestasies is gemaak nie, maar 'n hoëkaliber vuurwapen en sakke is op die toneel gevind. Hy sê…
8 Feb 4AM 1 min

Miljoene uit Japan gee landbou 'n hupstoot

Japan het bykans drie miljoen Amerikaanse dollar – sowat 48 miljoen Namibiese dollar – geskenk vir ‘n projek om boere te help om droogte die hoof te bied en voedselsekuriteit te verbeter. Ongeveer 6 000 huishoudings sal hierby baat. Die projek is Saterdag in samewerking met die Voedsel- en Landbou-organisasie…
8 Feb 2AM 1 min

SA wil troepe uit DRK onttrek

President Cyril Ramaphosa het VN-sekretaris-generaal Antonio Guterres ingelig oor die Suid-Afrikaanse regering se besluit om sy bydrae van soldate aan die Verenigde Nasies se Stabiliseringsmissie in die DRK terug te trek. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Suid-Afrika is een van die top tien troepe-bydraende lande aan die VN-missie, met meer…
8 Feb 1AM 1 min