
Savanna se beleggingsvennoot is ook sy oorsese bemarker
Loading player...
Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die hupstoot van 'n bykomende 40 miljoen Namibiese dollar in private ekwiteitsbefondsing, wat sy totale private ekwiteitsfinansiering op 290 miljoen Namibiese dollar te staan bring. Dit volg op die voltooiing van die abattoir en die formele oordrag van eienaarskap. Die betrokke maatskappy sal ook Savanna se vleis oorsee bemark.

