Savanna se beleggingsvennoot is ook sy oorsese bemarker

Loading player...
Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die hupstoot van 'n bykomende 40 miljoen Namibiese dollar in private ekwiteitsbefondsing, wat sy totale private ekwiteitsfinansiering op 290 miljoen Namibiese dollar te staan bring. Dit volg op die voltooiing van die abattoir en die formele oordrag van eienaarskap. Die betrokke maatskappy sal ook Savanna se vleis oorsee bemark.
14 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afribank loods program om skuld te verlig

Agribank het 'n program vir die verligting van agterstallige skuld van stapel gestuur om kliënte te help om hul landboulenings terug te betaal. Die program is oop vir alle kliënte in die voor-regs- en regsfases, met aansoekers wat 'n gedeelte van hul uitstaande saldo moet betaal om te kwalifiseer. In…
21 Apr 11AM 1 min

Sakevertroue daal in SA weens Midde Ooste-oorlog

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid se Sakevertroue-aanwyser het in Januarie effens gedaal met 1,8- punte tot 131,4, maar in Februarie tot 134,6 verbeter. Verlede maand het die BCI 3,3-punte afgeneem tot 131,3. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, sê die daling was hoofsaaklik die gevolg van 'n…
21 Apr 11AM 1 min

MSC Cruises soek 200+ Namibiërs vir werk op skepe

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad, in vennootskap met MSC Cruises, werf meer as 200 Namibiërs vir gasvryheidsrolle aan boord van MSC-skepe. Daar is 'n verskeidenheid vakatures vir onder andere kroegmanne, skoonheidsterapeute, casinoposte, gastedienspersoneel, haarkappers, hoofkelners, masseuses en vermaaklikheidspersoneel. Die MSC-menslike hulpbronbestuurder, Mario Savoia, het meer inligting aan plaaslike media verskaf.
21 Apr 10AM 1 min

Hoekom lê banke steeds beslag op huise, wil NV weet

Parlementslede spreek kommer uit oor vertragings in die afdwinging van die nuwe regulasies oor huisbeslagleggings, wat die eerste keer deur voormalige president Hage Geingob in 2024 in die Staatskoerant gepubliseer is en verlede Augustus deur wysigings versterk is. Die opgedateerde regulasies, wat toesig verskerp en dit moeiliker maak vir banke…
21 Apr 10AM 1 min