
Gobabis moorde dui op groter uitdagings
Loading player...
Die Gobabis-gemeenskap is steeds in rep en roer van die onlangse dubbele moord op 'n 26-jarige vrou en haar driejarige dogter deur 'n 13-jarige seun. Gemeenskapslede het hul kommer uitgespreek oor die toenemende misdaad in die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapslid Lehana Nel gepraat wat sê wanneer kinders by sulke geweld betrokke is, dui dit op breër maatskaplike uitdagings.

