
Gauteng-onderwys blameer ouers vir vertraagde plasings by skole
Loading player...
Die Departement van Onderwys in Gauteng sê foute wat deur ouers gemaak word is 'n belangrike oorsaak van die voortdurende agterstand in skoolplasings wat ongeveer 3 000 graad 1- en graad 8-leerders raak. Steve Mabona van die departement het aan SABC News gesê laat aansoeke, die keuse van onbekostigbare skole, aansoeke buite residensiële distrikte en gereelde skoolverskuiwings dra by tot die probleem. Mabona sê verder die Departement werk nou saam met skole om kapasiteit te verhoog, met die doel om graad 1-plasings teen die einde van die week te finaliseer:

