Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55
Loading player...
Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende.
Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill en Saood Variawa hoe hulle voorberei vir die enorme sandduine en vir Dakar-navigasie. Die Southern Africa Dakar Group gaan ook vir jou vertel hoe jy nog hierdie week Motul-pryse kan wen.
Vir die tegniese wenk van die week vra hulle die vraag of 2026 die jaar van elektriese bakkies gaan wees en hulle bring vir jou die jongste motorfietsnuus, insluitend alles oor die FIM World Supercross Championship.