Dronkbestuur neem met 144% toe, Creecy soek algehele verbod

Loading player...
Die vakverbond Cosatu verwelkom die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se voorstel dat die Nasionale Verkeerswet gewysig word om drink en bestuur heeltemal te verbied. Die minister het kommer uitgespreek oor die skerp toename in bestuurders wat oor die feestyd weens dronkbestuur gearresteer is. Die syfer het met 144-persent toegeneem teenoor die vorige jaar. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê ʼn totale verbod op drink en bestuur, insluitend vir voetgangers, moet dringend ingestel word:
16 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Renosters ál groter teiken in Krugerwildtuin

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke is bekommerd oor toenemende renosterstropery in die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Woordvoerder Rey Thakhuli sê veldwagters het verlede Donderdag op vermeende stropers in die Malelane-deel van die park afgekom. Geen arrestasies is gemaak nie, maar 'n hoëkaliber vuurwapen en sakke is op die toneel gevind. Hy sê…
8 Feb 4AM 1 min

Miljoene uit Japan gee landbou 'n hupstoot

Japan het bykans drie miljoen Amerikaanse dollar – sowat 48 miljoen Namibiese dollar – geskenk vir ‘n projek om boere te help om droogte die hoof te bied en voedselsekuriteit te verbeter. Ongeveer 6 000 huishoudings sal hierby baat. Die projek is Saterdag in samewerking met die Voedsel- en Landbou-organisasie…
8 Feb 2AM 1 min

SA wil troepe uit DRK onttrek

President Cyril Ramaphosa het VN-sekretaris-generaal Antonio Guterres ingelig oor die Suid-Afrikaanse regering se besluit om sy bydrae van soldate aan die Verenigde Nasies se Stabiliseringsmissie in die DRK terug te trek. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Suid-Afrika is een van die top tien troepe-bydraende lande aan die VN-missie, met meer…
8 Feb 1AM 1 min

Fosa vra Amerika om Agoa verder te verleng

Die Forum for South Africa doen 'n beroep op die Amerikaanse regering om 'n langertermyn-verlenging van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika in te stel om sekerheid en ekonomiese bestendigheid te verseker. President Donald Trump het 'n eenjaar-verlenging van Agoa vir Afrika-lande suid van die Sahara onderteken…
8 Feb 12AM 1 min

Ramaphosa moet planne oor werkloosheid bekend maak, sê Cosatu

Cosatu vra dat president Cyril Ramaphosa die regering se planne aankondig oor hoe die hoë werkloosheidsyfer van 42,4 persent en trae ekonomiese groei van een persent aangespreek gaan word tydens sy staatsrede eerskomendeDonderdag. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê Ramaphosa moet ook planne aankondig om diepgewortelde vlakke van armoede, insluitend ongelykheid en…
8 Feb 12AM 1 min