
SA ekonomie groei teen slakkepas
Loading player...
Die regering verwelkom die Wêreldbank se verslag wat toon dat Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 1,3 persent gegroei het. Die verslag skryf hierdie verbeterings toe aan meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening, 'n sterk landbou-oes en verhoogde sakevertroue. Die bank projekteer groei van 1,4 persent vanjaar en 1,5 persent volgende jaar, hoofsaaklik gedryf deur privaat verbruik, beleggings en voortgesette hervormings in energie en logistiek. Adjunkregeringswoordvoerder William Baloyi sê die vooruitsigte toon die hervormings begin werk:

