Leeubene, landbou en omgewingsake... kenner reageer

Loading player...
Reaksie word ontvang op die herrie wat los is in Suid-Afrika met die bedanking van Dion George uit die DA en aantygings dat landbouminister John Steenhuisen hom met Willie Aucamp vervang het om die geblikte jagbedryf en handel in leeubeendere te bevorder. Die MK-party vra ook die Valke moet bewerings van korrupsie en onetiese gedrag rakende die kommersiële handel in leeubeendere sowel as Steenhuisen en Aucamp, ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat.
19 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA wil troepe uit DRK onttrek

President Cyril Ramaphosa het VN-sekretaris-generaal Antonio Guterres ingelig oor die Suid-Afrikaanse regering se besluit om sy bydrae van soldate aan die Verenigde Nasies se Stabiliseringsmissie in die DRK terug te trek. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Suid-Afrika is een van die top tien troepe-bydraende lande aan die VN-missie, met meer…
8 Feb 1AM 1 min

Fosa vra Amerika om Agoa verder te verleng

Die Forum for South Africa doen 'n beroep op die Amerikaanse regering om 'n langertermyn-verlenging van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika in te stel om sekerheid en ekonomiese bestendigheid te verseker. President Donald Trump het 'n eenjaar-verlenging van Agoa vir Afrika-lande suid van die Sahara onderteken…
8 Feb 12AM 1 min

Ramaphosa moet planne oor werkloosheid bekend maak, sê Cosatu

Cosatu vra dat president Cyril Ramaphosa die regering se planne aankondig oor hoe die hoë werkloosheidsyfer van 42,4 persent en trae ekonomiese groei van een persent aangespreek gaan word tydens sy staatsrede eerskomendeDonderdag. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê Ramaphosa moet ook planne aankondig om diepgewortelde vlakke van armoede, insluitend ongelykheid en…
8 Feb 12AM 1 min

Nujoma, Geingob was reuse, sê NNN in huldeblyk

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ontslape stigterspresident Sam Nujoma en wyle stigterspremier Hage Geingob vandag tydens ‘n herinneringseremonie by Helde-akker buite Windhoek as “reuse” in ontwikkeling van ‘n onafhanklike Namibië beskryf. Nujoma, wat drie termyne as president gedien het, is verlede Februarie oorlede. Geingob, wat in 2015 as die land se…
7 Feb 5AM 1 min

Brande woed steeds in Kaapse Wynland

In die buurland is die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se Brandweerdiens, saam met sy vennoot CapeNature, steeds besig om 'n veldbrand by Du Toitskloofpas te bestry. Die woordvoerder Anesca Roodt sê die brand het Vrydagmiddag aan die Worcester-kant van die pas uitgebreek en oor 'n uitgebreide gebied in moeilike terrein gewoed. Sy sê teen Vrydagaand het die brand oorgewaai na die Paarl-kant van die pas: 
7 Feb 5AM 1 min