Australië kry nuwe wette ná Bondi Beach-skietery

Loading player...
Die Laerhuis van Australië se parlement het wette aanvaar om vuurwapens in dié land van eienaars terug te koop en aansoekers vir vuurwapenlisensies se agtergrond strenger na te gaan. Dit volg op die aanval op Bondi Beach in Desember tydens 'n Joodse fees waarin 15 mense dood is. Die terugkoopplan geld vir oortollige wapens en wapens wat pas onwettig verklaar is. Die Wet op die Bekamping van Jodehaat, Haat en Ekstremisme is ook aanvaar. Dié land se minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, sê hulle gaan streng teen Jodehaat optree.
20 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Grondbesetters in Walvisbaai gaan verskuif word

Die Walvisbaai-munisipale raad het 'n plan goedgekeur om inwoners wat onwettig grond by Kuisebmond en ander gebiede beset, na 'n tydelike perseel by Farm 37 te verskuif. Die verskuiwing sal geselekteerde agterplaas-plakkers van Kuisebmond en 50 huishoudings van Narraville insluit. Munisipale woordvoerder Anita Kaihiva het aan Kosmos 94.1 gesê daar…
21 Apr 8AM 1 min

Masemola se saak uitgestel, sluit aan by Matlala s'n

Die landdroshof in Pretoria het die saak teen die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, tot 13 Mei uitgestel. Die staat beplan om sy saak te voeg by dié van die sakeman Vusimuzi 'Cat' Matlala en sy medebeskuldigdes, wat verbind word aan 'n tendersaak van 360-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Aanklaers sê ondersoeke is…
21 Apr 8AM 1 min

Namibië se landelike vroue agtergelaat

Ten spyte daarvan dat Namibië byna 50 persent vroue-verteenwoordiging in die parlement en meer as die helfte in die kabinet behaal het, bly daar kommer dat baie, veral jong, landelike en gemarginaliseerde vroue, steeds uitgesluit word van betekenisvolle deelname. Dit is 'n sleutelkwessie wat by die 152ste Interparlementêre Unievergadering geopper…
21 Apr 6AM 1 min

Jhb se tariefverhoging ver bo inflasie, en dit met swak dienste

Die Vryheidsfront Plus sê dit is onaanvaarbaar dat inwoners van Johannesburg van 1 Julie af meer moet betaal vir dieselfde swak diens. Die party sê die voorgestelde tariefverhoging van 12,5-persent vir water, 11-persent vir sanitasie en riool en 9,05-persent vir elektrisiteit is baie hoër as die huidige inflasiekoers van nagenoeg…
21 Apr 6AM 1 min

Bekende Nick Duranty sluit aan by ISAP-kursus

Nick Duranty, 'n Suid-Afrikaanse veldwagter, K9-honde-afrigter en sosiale media-persoonlikheid sluit aan by die ISAP Junior Ranger-kamp wat van 2 tot 10 Mei by die ISAP-fasiliteit naby Okahandja plaasvind. Duranty het beduidende erkenning verwerf het vir sy unieke benadering tot wildbewaring en gemeenskapsbetrokkenheid. Sy werk fokus op die kruising van natuur…
21 Apr 6AM 1 min