Westerse alliansie uiters belangrik, sê VSA speaker

Loading player...
Die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson, het vanoggend die Britse parlement toegespreek. Hy het die alliansies tussen Westerse lande as uiters belangrik uitgelig en sê daar is aanvalle op demokrasie en vryheid.
20 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar is hindernisse met Tanzanië-ooreenkomste: ekonoom

Tydens haar staatsbesoek aan Tanzanië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah vier nuwe bilaterale ooreenkomste met die land onderteken, wat verdediging, handel, kleinsake-ontwikkeling en 'n vennootskap tussen Zanzibar en Swakopmund dek. Gabriel Erastus, plaaslike ekonoom, sê dis alles goed en wel maar daar is hindernisse vir veral kleiner besighede om voordeel daaruit…
25 Jun 10AM 1 min

Ernstige kinderregte-skendings in oorloë moet stop: VN

Die Verenigde Nasies sê kinderbeskerming moet deel vorm van alle vredes-, veiligheids- en na-konflikprosesse. 'n Verslag toon soldate en regeringsmagte het verlede jaar meer ernstige skendings teen kinders gepleeg as onafhanklike gewapende groepe. Die verslag bevestig 38 558 ernstige oortredings teenoor 24 174 kinders. Die VN se spesiale verteenwoordiger vir…
25 Jun 10AM 1 min

Lughawensmaatskappy juig oor nuwe vlugte

Die lugvaartsektor het hierdie week goeie nuus gekry. Discover Airlines gaan sy München-Windhoek diens uitbrei, en die Duitse lugredery Condor keer terug na Namibië vir die eerste keer sedert 2014. Saam met Edelweiss se nuwe Zürich-Windhoek roete, is dit opwindende tye vir die land se toerisme en ekonomie. Kosmos 94.1…
25 Jun 9AM 1 min

Israel vra ondersoek na 'anti-semitisme, vooroordele in VN'

Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, het 'n ondersoek gevra na wat hy vooroordeel teen Israel noem. 'n Kommissie het bevind Israelse owerhede en veiligheidsmagte het doelbewus Palestynse kinders in die Gazastrook en die Wesoewer geteiken, wat gelei het tot volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade…
25 Jun 9AM 1 min

Reële BBP krimp, nominale BBP styg in eerste kwartaal

Namibië se nominale BBP het in die eerste kwartaal gegroei en gestyg tot 70,9 miljard Namibiese dollar, 'n styging van 4,7 miljard dollar teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Maar reële BBP het gekrimp met 'n 2 persent groei, vergeleke met 2,8 persent in die eerste kwartaal van 2025. Woordvoerder van…
25 Jun 8AM 1 min