Tydens haar staatsbesoek aan Tanzanië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah vier nuwe bilaterale ooreenkomste met die land onderteken, wat verdediging, handel, kleinsake-ontwikkeling en 'n vennootskap tussen Zanzibar en Swakopmund dek. Gabriel Erastus, plaaslike ekonoom, sê dis alles goed en wel maar daar is hindernisse vir veral kleiner besighede om voordeel daaruit…
Die Verenigde Nasies sê kinderbeskerming moet deel vorm van alle vredes-, veiligheids- en na-konflikprosesse. 'n Verslag toon soldate en regeringsmagte het verlede jaar meer ernstige skendings teen kinders gepleeg as onafhanklike gewapende groepe. Die verslag bevestig 38 558 ernstige oortredings teenoor 24 174 kinders. Die VN se spesiale verteenwoordiger vir…
Die lugvaartsektor het hierdie week goeie nuus gekry. Discover Airlines gaan sy München-Windhoek diens uitbrei, en die Duitse lugredery Condor keer terug na Namibië vir die eerste keer sedert 2014. Saam met Edelweiss se nuwe Zürich-Windhoek roete, is dit opwindende tye vir die land se toerisme en ekonomie. Kosmos 94.1…
Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, het 'n ondersoek gevra na wat hy vooroordeel teen Israel noem. 'n Kommissie het bevind Israelse owerhede en veiligheidsmagte het doelbewus Palestynse kinders in die Gazastrook en die Wesoewer geteiken, wat gelei het tot volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade…
Namibië se nominale BBP het in die eerste kwartaal gegroei en gestyg tot 70,9 miljard Namibiese dollar, 'n styging van 4,7 miljard dollar teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Maar reële BBP het gekrimp met 'n 2 persent groei, vergeleke met 2,8 persent in die eerste kwartaal van 2025. Woordvoerder van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.