Maak August 26 se boeke oop - Venaani

Loading player...
Die Popular Democratic Movement is volstoom aan die gang. Die party-president, McHenry Venaani, het by 'n perskonferensie verskeie kwessies aangespreek, waaronder sy jarelange versoek om August 26 se finansiële state onder oë te kry. Venaani sê president Netumbo Nandi Ndaitwah moet dit nou vrystel.
23 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

OG-verslag ontbloot regering se mislukking

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê die ouditeur-generaal se jongste munisipale ouditverslag toon plaaslike regeringsmislukkings bly steeds 'n reuse bron van kommer, met geen metropolitaanse munisipaliteit wat 'n skoon oudit in die 2024/2025-boekjaar behaal het nie. Julius Kleynhans van Outa sê inwoners betaal steeds meer vir dienste terwyl hulle vervalle infrastruktuur…
25 Jun 1AM 1 min

NaCC sê oor ultimate.earth ondersoek

Met konsessies in bewareas wat weer in die nuus is, het die Mededingingskommissie 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee rakende sy ondersoek na die ooreenkomste tussen ultimate.earth, voorheen Ultimate Safaris, en drie bewareas, Doro !Nawas, Ûibasen Twyfelfontein en Sorris Sorris. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het die status…
25 Jun 1AM 1 min

Ministerie oorweeg uitdunning van Kunene-olifante

Die omgewingsministerie oorweeg uitdunning om die groeiende olifantbevolking in die Kunene-streek te bestuur. Die voorgestelde maatreël het ten doel om toenemende mens-dier konflik en oorbeweiding aan te spreek, wat albei vererger is deur langdurige droogtetoestande in die streek. Professor Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, het in…
25 Jun 1AM 1 min

Lone is te laag, daarom skuld... BIG broodnodig

Die Economic and Social Justice Trust sê Namibië se stygende huishoudelike skuldvlakke is 'n simptoom van 'n ekonomie in krisis. Dit kom terwyl huishoudings altesaam 78 miljard Namibiese dollar in skuld hou, waarvan byna 10 persent skuld aan mikroleners is. Die trust se voorsitter, Herbert Jauch, waarsku dat hoë werkloosheid,…
25 Jun 12AM 1 min

Canyon: 68 stappers per lug ontruim in sewe ure

Die redding van 96 stappers uit die Visrivier-canyon na swaar reënval wat die rivier laat afkom het, is steeds in die nuus. Die Nautedam se sluise moes ook getrek word en die Neckartaldam het oorgeloop, wat die riviervlak verder verhoog het en die stappers vasgekeer het. Die polisie-helikopter wat gebruik…
25 Jun 12AM 1 min