Die Cape Independence Advocacy Group sê ná sy klagte aan die Advertensiereguleringsraad, het die Stad Kaapstad hul openbare verklaring oor laer tariewe wat sou volg, verwyder. Phil Craig van CIAG sê volgens die metro se eie syfers sou waardasies met gemiddeld 17,1-persent styg, terwyl die tariefkoers met 10,2-persent verminder is…
’n Foto van ’n Israeliese soldaat wat ’n standbeeld van Jesus in die dorp Debel in die suide van Libanon met ’n voorhamer stukkend slaan, is aanlyn wyd versprei en wydverspreide veroordeling uitgelok. Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy is “verstom en hartseer” oor wat gebeur het en dat die…
Te midde van die oorlog in die Midde-Ooste word dit al meer belangrik vir lande om selfversorgend word. Kospryse het die hoogte ingeskiet omdat die brandstofpryse verhoog het, wat selfonderhoud vir lande op die voorgrond gebring en probleme uitgelig het. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Schernick, direkteur van die…
Die Vryheidsfront Plus sê onsekerheid oor Suid-Afrika se motorvervaardigingsektor verdiep weens stadige regeringsbesluitneming en beleidsvertragings. Jaco Mulder van die party waarsku die bedryf, wat 22,6-persent tot die vervaardigingsuitset bydra en honderde-duisende werksgeleenthede ondersteun, verkeer onder druk in wêreldwye mededinging en plaaslike uitdagings. Hy sê swak infrastruktuur, energiebeperkings en stygende koste…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.