Sakeliga hof toe oor bek-en-klouseer

Loading player...
Sakeliga gaan regstappe doen om boere en die privaatsektor in staat te stel om onafhanklik te reageer op die voortgesette bek-en-klouseer-uitbreking. Die sake-organisasie voer aan dat regeringsbeperkings op entstowwe en beheermaatreëls doeltreffende optrede belemmer en die uitbreking vererger. Sakeliga se uitvoerende hoof, Piet le Roux, sê bedryfsgeleide pogings is nodig om die siekte vinnig en doeltreffend te beheer:
24 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie van Lesotho aangekeer in Jhb-massaskietery

Drie burgers van Lesotho is aangekeer in verband met die massaskietery in die Jumpers-informele nedersetting in Cleveland, Johannesburg, vroeër die maand waarin 13 mense dood en 14 beseer is. Hulle is in die KwaMaiMai-informele nedersetting in hegtenis geneem ná 'n intensiewe ondersoek waarby verskeie spesialis-wetstoepassingseenhede betrokke was. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi…
24 Jun 11PM 1 min

Rubio sê oor Israel wat weier om uit Libanon te onttrek

Die Israeliese minister van verdediging, Israel Katz, sê dat Israeliese troepe nie uit Suid-Libanon sal onttrek nie, wat die Iran-vredesgesprekke verder bemoeilik aangesien gevegte in Libanon steeds 'n struikelblok vir permanente vrede is. Israel en die Libanese regering is besig met gesprekke wat deur Amerika bemiddel word, wat onder meer…
24 Jun 11PM 1 min

Fishrot-saak kom weer in Julie voor

Die Fishrot-saak het vandag weer voor regter Marelize du Plessis in die Windhoekse hoërhof voorgekom. Die beskuldigdes staan tereg op 42 aanklagte en die saak is tot Julie uitgestel. Regter Du Plessis sê daar is beperkte tydgleuwe vir kriminele sake en verskeie aansoeke deur van die beskuldigdes moet nog voltooi…
24 Jun 11AM 1 min

Bafana-afrigter glo hulle kan geskiedenis maak

Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, glo sy span het wat nodig is geskiedenis te maak wanneer hulle môre teen Suid-Korea speel in hul laaste Groep A-Wêreldbeker-wedstryd in Monterrey. Suid-Afrika sal die Oos-Asiatiese span moet klop en hoop die mede-gasheer, Mexiko, verslaan die Tsjeggiese Republiek sodat Bafana die eerste…
24 Jun 11AM 1 min