
RA waarsku oor paaie in Kavango Oos en Zambezi
Loading player...
Die Padowerheid het probleme met padveiligheid en infrastruktuurdegradasie waargeneem na 'n kennismakingstoer van vloedgeteisterde gebiede in die Kavango-Oos en Zambezi-streke. Die owerheid sê as gevolg van aanhoudende reënval het dele van die pad tussen Bwabwata Nasionale Park en Kongola, sowel as ongeveer 30-kilometer vanaf Kongola in die rigting van Katima Mulilo, slaggate en ander vorme van padskade ontwikkel. Die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

