
N/a'an ku sê se Marlice bemark Namibië in Noord-Europa
Loading player...
Marlice van Vuuren, die bekende natuurbewaarder en medestigter van N/a'an ku sê, het Finland besoek vir die 2026 Matka. Matka is die grootste reisbedryfsgeleentheid in Noord-Europa. Van Vuuren het Namibië op die wêreldverhoog verteenwoordig. Sy sê baie mense in Finland weet steeds nie van Namibië nie.

