
Program om leerders te bemagtig uitgerol
Loading player...
Die Internasionale Dag van Onderwys is die naweek gevier om onderwys as 'n basiese mensereg te erken en om die belangrike rol te beklemtoon wat jongmense speel in die vorming van skole en leer. Vanjaar se geleentheid fokus daarop om leerders 'n stem te gee in die besluite wat hul opvoeding en toekoms raak. Die minister van onderwys, Sanet Steenkamp, het 'n program aangekondig vir leerlingrade regoor die land.

