
Stand van menseregte in Iran skep toestande vir bloedvergieting
Loading player...
Die Verenigde Nasies se Menseregte-hoof, Volker Türk, waarsku die gewelddadige onderdrukking van Iran se mense skep toestande vir verdere onbestendigheid en bloedvergieting. Iranse sekuriteitsmagte se gewelddadige onderdrukking van vreedsame betogings vroeër die maand het volgens berigte tot meer as vyfduisend sterftes gelei. Türk sê Iran is een van die lande waar die doodstraf die meeste toegepas word. Hy sê in 2025 is minstens 1 500 mense tereggestel wat 50-persent meer is as die vorige jaar:

