
Kaapstad reik meer as 97 000 boetes in 'n week uit
Loading player...
Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 404 verdagtes vasgetrek en 97 141 boetes uitgereik. Dis die meeste inhegtenisnemings nóg vanjaar, en kom neer op 1 358 mense wat die afgelope vier weke gearresteer is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die Openbare Noodkommunikasiesentrum het die afgelope naweek 1 579 noodoproepe ontvang:

