
Daar wag baie werk vir parlement vanjaar
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die derde sitting van die 8ste parlement amptelik op 3 Februarie open. Hierdie geleentheid sal gehou word onder die tema: "Versterking van die rol van die parlement vir inklusiewe ontwikkeling en deelnemende demokrasie". Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, sê die geleentheid sal gepaardgaan met 'n erewag, insluitend 'n militêre parade en 'n 21-skote kanonsaluut. Hy het meer.

