
Ramaphosa het genoeg bewyse om Mchunu te verwyder
Loading player...
Corruption Watch sê president Cyril Ramaphosa het nou genoeg bewyse om die polisieminister, Senzo Mchunu, te verwyder. Getuie E het voor die Madlanga-kommissie beweer Mchunu het hom probeer dwing om te lieg, bewyse op te maak en 'n vals verhaal te skep teen die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo. Corruption Watch se direkteur, Lebogang Ramafoko, sê politieke oorwegings kan nie swaarder weeg as landsveiligheid en -integriteit nie:

