
Sakeliga dreig met regstappe dat boere self teen BKS kan ent
Loading player...
Sakeliga, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Agri-inisiatief Saai, en Vrystaat Landbou, het die minister van Landbou, John Steenhuisen, tot 30 Januarie tyd gegee om te bevestig of vee-eienaars wettiglik self bek-en-klouseer-entstowwe mag aankoop en toedien. Regstappe sal geneem word indien Steenhuisen nie behoorlik reageer nie. Die uitvoerende hoof van Saai, Francois Rossouw, sê goedkeuring vir privaat inenting sal tot 'n onmiddellike, gedesentraliseerde reaksie op die uitbreking lei en mag nie deur regeringsrompslomp belemmer word nie:

