Mariental inwoners kla steeds oor dienslewering

Loading player...
Die Mariental Inwonersvereniging het vanoggend 'n petisie aan die burgemeester van Mariental oorhandig waarin hulle ontevredenheid oor dienslewering in die dorp uitspreek. Inwoners het die 80 miljoen Namibiese dollar wat vir die uitbreiding van die munisipale kantore vasgestel is, asook die nie-voorsiening van rou water en die 'gedwonge' verskuiwing van inwoners van Uitbreidings 2 en 3 na Uitbreiding 5, teengestaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se voorsitter, Werner Watzdorf, gesels.
28 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fishrot-saak kom weer in Julie voor

Die Fishrot-saak het vandag weer voor regter Marelize du Plessis in die Windhoekse hoërhof voorgekom. Die beskuldigdes staan tereg op 42 aanklagte en die saak is tot Julie uitgestel. Regter Du Plessis sê daar is beperkte tydgleuwe vir kriminele sake en verskeie aansoeke deur van die beskuldigdes moet nog voltooi…
24 Jun 11AM 1 min

Bafana-afrigter glo hulle kan geskiedenis maak

Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, glo sy span het wat nodig is geskiedenis te maak wanneer hulle môre teen Suid-Korea speel in hul laaste Groep A-Wêreldbeker-wedstryd in Monterrey. Suid-Afrika sal die Oos-Asiatiese span moet klop en hoop die mede-gasheer, Mexiko, verslaan die Tsjeggiese Republiek sodat Bafana die eerste…
24 Jun 11AM 1 min

Kinder-selfmoorde 'wys iets is verkeerd in gemeenskappe'

Die naweek se misdaadsverslag het twee selfmoorde van minderjariges vermeld. Die eerste was van 'n 16-jarige in die Oshoogolo-nederstetting in die Omusati-streek, en die ander was 'n negejarige seun wat homself in dieselfde nedersetting gehang het. Kosmos 94.1 Nuus het met die kliniese sielkundige dr. Shaun Whittaker gepraat, wat sê…
24 Jun 10AM 1 min

Ons wil Namibiërs aanstel, maar vaardighede skaars: Namfisa

Die Kommissie vir Billike Indiensneming het Namfisa gekritiseer omdat hy nie Namibiese aktuarisse of aktuariële onderstudies aanstel nie, ten spyte van herhaalde opdragte om dit te doen. Die reguleerder was onder 11 instellings wat vanoggend voor die kommissie verskyn het, rakende die versuim om Namibiërs aan te stel. Namfisa se…
24 Jun 10AM 1 min